Long Beach

City of Long Beach
The Aquatic Capital of America

Kaart Wapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 County Los Angeles County
 Koördinate 33°48′N 118°9′W / 33.800°N 118.150°W / 33.800; -118.150
 Gestig in 1880 as Willmore City
 Geïnkorporeer op 13 Desember 1897
 Oppervlakte:  
 - Totaal 133,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 0 m
 Bevolking:  
 - Totaal (Sensus 2010) 492 682
 - Bevolkingsdigtheid 3 698,8/vk km
 Tydsone PST (UTC -8)
Somertyd: PDT (UTC -7)
 Klimaat  
 - Tipe Mediterreens
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 18,5 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 13,9 / 23,2 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 328,7 mm
 Burgemeester Robert Garcia
 Amptelike Webwerf longbeach.gov
Die redery Cunard Line se befaamde Art Deco-plesierboot HMS Queen Mary lê sedert Desember 1967 permanent in Long Beach as museum-, hotel- en restaurantskip voor anker. Dit het lankal een van die ikoniese besienswaardighede van Suid-Kalifornië geword

Long Beach is die sewende grootste stedelike nedersetting in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, geleë aan die monding van die Los Angeles-rivier in die Stille Oseaan in Suid-Kalifornië. Die stadsnaam is afgelei van die wit sandstrand wat oor 'n afstand van 5,5 myl (9 km) strek.[1]

Long Beach se hawe het tot een van die besigstes ter wêreld ontwikkel en is tans die tweede grootste houerhawe in die VSA. Danksy die olievelde, wat hier aan- en aflandig ontgin word, is Long Beach daarnaas ook 'n sentrum van die oliebedryf. Ander belangrike plaaslike nywerhede sluit vliegtuie, motoronderdele, elektroniese en oudiovisuele toerusting en meubels in. Die ekonomiese ontwikkeling van die stad is nou gekoppel aan die groei van die plaaslike hoëtegnologie- en lug- en ruimtevaartbedrywe.

As deel van die metropolitaanse gebied van Los Angeles-Long Beach-Santa Ana - Long Beach is sowat 40 kilometer suid van Los Angeles se middestad geleë - het L.B., soos dit in die omgangstaal bekend staan, steeds in die skadu van sy groter susterstad gestaan. In die 1970's was Long Beach veral berug vir sy naglewe-distrikte wat talle seelui gelok het. Intussen is sy hawegeriewe tot van die bestes wêreldwyd herontwikkel, en talle nuwe bouprojekte is aangepak wat van Long Beach 'n stad van baie hoë lewensgehalte maak. Queensway Bay, 'n nuwe buurt langs die Stille Oseaankus, is een van die grootste bouprojekte in die geskiedenis van Kalifornië.

  1. Eyewitness Travel California. London: Doring Kindersley 2016, bl. 135

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search